Popular Posts

Friday, 7 November 2025

Van pryse tot prysuitdeling

Hierdie week het Gielie prysuitdeling gehad by sy skool.

Dit was 'n eerste vir ons, maar hierdie jaar is alles eerstes wat skool betref. En sy ma knyp alles so styf as moontlik vas om nie aan die grens te gaan nie. Hy het darem so groot geword!


Hier staan hy op die verhoog:


Ek is so trots op hom. 


Ek belowe ons het daardie hare behoorlik geborsel voor ons skool toe is! Arme kind het nooit 'n kans gestaan tussen sy pa se dik krulle en sy ma se histeriese frizz nie...

Gelukkig het hy sy pa se allermooiste goue heuningblond kleur gekry.



Intussen is hierdie jaar met 'n geweldige spoed op pad na die einde toe. Ek kan skaars byhou! En het ek al 'n stukkie erfenis aangeskaf? 

Nee.

Ek het toe gaan kyk. Maar so mooi as wat die uitsig is, het my hare gerys oor die omgewing waar ek my bevind het. Ek het 'n spesmaas dat daardie erwe net te koop is oor die groot semigrasie en geld daaruit te make. 

So ons huur maar nog. Teen 'n plaas se prys, maar dit hou darem die weer van ons koppe af.

Ek sal die erfenissie nog opspoor. Ek sal my plekkie teen my prys kry.

Lekker ou geld... Ai. 


Tot volgende keer - hou moed!


Whoever said “money can’t buy you happiness” obviously never tried giving me some.

No comments:

Post a Comment