12 Augustus. 5 jaar.
Dis al 5 jaar.
Dinge hier gaan voort. Ons het 'n ritme wat gemaklik en veilig voel. Ek stres oor geld - maar wat is nuut? As ek dink dat my kind my gaan oorleef en ek nie gaan weet wie hom oppas nie, voel ek naar - maar wat is nuut?
Mens kan maar net voortlewe in hoop.
Ek probeer nog my lewe uitsorteer - maar die vet weet, dis nog net 5 jaar sedert ons lewens inmekaar getuimel het.
Vyf jaar is 'n lang tyd, maar vyf jaar is 'n oogwink.
Sien nou die dag 'n foto van Groot Giel wat geneem is vir 'n lafspul - hy was glad nie geneë nie! - maar in daardie oomblik voel ek sy gesig onder my hand en sy asem op my pols.
Ek weet dis al vyf jaar, maar -
Dis nog net vyf jaar.

No comments:
Post a Comment